Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sielsgoed
Goeie Nuus: Leer praat ’n ander taal – dié van Jesus

Die taal wat jy gebruik om die werklikheid mee te beskryf, verander spoedig in jou eie werklikheid.

Vat maar ’n uitdrukking soos: “Covid-19 gaan die ekonomie vernietig.” Of: “Ons land sit op ’n tydbom.”

As jy dit as hoofopskrifte gebruik om jou eie idees of ervarings mee te omskryf, dan dwing dit jou om gedurig nuwe­ probleme te identifiseer.

Sê nou jy kies eerder taal wat eie is aan navolgers van Jesus? Sê nou jy sou vra of sulke tydbom-taal jouself en ander mense bemagtig of ontmagtig?

Sê nou jy sou vra wat is jou rol op sosiale media, asook in ander gesprekke wat oorheers word deur sulke negatiwiteit?

Wat sou gebeur as jy kies om sulke “saamstem-spirale” te breek met iets soos: “Dit mag dalk waar wees, maar ekself het gekies om deel te wees van die hemel se brandweerspan.”

Of: “Daar is orals tydbomme, maar ek kies om ’n ontlonter te wees.”

Vir seker sal al wat ’n realis uitroep: “Naïef! Nonsens!”

Wel, toe nie . . . nie as jy Jesus navolg nie. Jy is nou deel van ’n ander verhaal: Syne!

Jy volg Hom. Hy is water vir die vuur; Hy is lewe. Daarom leer jy Jesus se soort taal aan.

Die vraag is nie meer of dit genoeg help dat jy lonte probeer doodtrap nie, maar of dit die regte manier is om te praat? En as dit is, dan doen jy dit, selfs al doen jy dit alleen!

Jy doen reg en praat reg – op die Jesus-manier.

Meer oor:  Menings  |  Goeie Nuus
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.