Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sielsgoed
Goeie Nuus: Moenie dié dele in die Bybel verkeerd lees

Die koronavirus is die werk van die Bose, sê sommige, en ’n entstof daarteen is die merk van die anti-Chris.

Wanneer God se Woord reg gelees word, bring dit vryheid.

Die merk van die dier, waarna Openbaring 13:16 verwys wat op die voorkop en regterhand van die bose magte se mense verskyn, word skreiend misbruik om sulke sienings te regverdig. Verantwoordelike lesers sal weet die simboliek van merktekens kom uit die Ou Testament.

In Eksodus 12 lees ons dat die Pasga soos ’n merkteken op Israeliete se handpalms en voorkoppe is. In Deuterono­mium 6 en 11 verneem ons die wet van God moet op gelowiges se hande en voorkoppe afgedruk word. In gewone taal sê dié simboliek dat ons denke en dade God se teenwoordigheid moet weerspieël.

Diegene wat Openbaring 13 se merk van die dier foutief verstaan, ignoreer die regte betekenis van sulke tekens in die Bybel. Boonop lees hulle Openbaring 7 en 14 totaal en al mis. Die “openlike geheim” van Openbaring is juis dat al God se mense ook op hul voorkoppe gemerk is – ’n simboliese merk wat sê alle gelowiges behoort aan die Here.

Niks kan ons uit Sy hand ruk nie. Al wat die dier se merk in Openbaring 13 sê, is dat die bose magte God probeer naboots deur hul volgelinge valslik te merk.

Openbaring is nie besig met voorspellings oor mikroskyfies of inentings nie.

Wanneer God se Woord reg gelees word, bring dit vryheid.

Meer oor:  Lees  |  Bybel  |  Reg  |  Goeie Nuus
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.