Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sielsgoed
Goeie Nuus: Tussen kapings deur hou aan Here vas

My boesemvriend bel my ná kerk. Soos altyd begin ek skerts. Ek hoor die erns in sy stem.

Hy vertel my hoe hy vroegoggend amper gekaap is. By ’n verkeerslig het ’n ou skielik langs sy motor gestaan met ’n vuurwapen. Toe sit my vriend voet in die hoek. Hy het ’n skoot hoor klap, maar hy het veilig weggekom. Hardop sê ek net daar aan die Here dankie.

Later vertel ek hom dat ek daardie oggend by die kerk met iemand gesels het wat die vorige week ook in ’n kaping betrokke was. Ná die tyd dink ek terug aan daardie dag toe die kapers ook my motor kom vat het. Hulle het my amper doodgeskiet. Ek onthou nou nog daardie gebed op my lippe met die koue 9 mm-loop teen my nek: “Here, ek kom huis toe!” Daar op my knieë het my teologie vir myself sin gemaak.

Suid-Afrika is gevaarlik. Boere, motorbestuurders, huisbewoners en kie se lewe is dikwels in gevaar.

Tog is Suid-Afrika ook ’n plek waar die Here se kinders weet Hy is naby. Sowel my boesemvriend as die vriend daar by die kerk het getuig die Here is goed. Hulle het sy genade geproe.

Ek weet ook dat baie ander mense soms in sulke situasies sterf.

Maar een ding is seker – ook dan is die dood vir gelowiges nie die einde nie. Dan is dit ’n nuwe begin.

Die evangelie is ons hoop. In lewe en in dood is die Here ons vaste rots.

Meer oor:  Stephan Joubert  |  Here  |  Goeie Nuus
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.