Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sielsgoed
Gravitas – het jy dit?

Die Latynse woord gravitas verwys na gewig of gewigtigheid. Gravitas was een van die eerbare waardes van die ou Romeine. Iemand wat gravitas gehad het, was iemand wat waardigheid beliggaam en oral respek af­gedwing het.

In Filippense 4:8 gebruik Paulus ’n Griekse eweknie hiervoor, naamlik semnos. Dit het te make met mense se innerlike karakter voor die Here. Om waardig voor die Here en tussen ander mense te leef, is iets anders as om ’n eie beeld, ’n eie image te probeer skep. In ons wêreld van selfies en sosiale media is mense meer as ooit beeldbouers – hul eie!

Soveel sosiale­media-platforms, soveel sosiale selfbeelde! Daarom dat mense so bang is vir verwerping op sosiale media en elders in die openbaar. Daarom dat dit broodnodig is om ’n ander Bron van eer te vind as slegs friends en fol­lowers se tydelike erkenning, naamlik God. Hy roep ons tot ’n heilige lewe, tot ’n semnos- en gravitas-lewe in sy teenwoordigheid. Dit is ’n lewe van integriteit. – Stephan Joubert

Meer oor:  Sielsgoed
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.