SPESIALE VAKANSIE-AANBOD: Teken in teen net R49 vir jou eerste maand! Word 'n intekenaar
Sielsgoed
Groot genade roep groot verantwoording

In Lukas 12:48 sê Jesus: “Van elkeen aan wie baie gegee is, sal baie geëis word; en van hom aan wie baie toevertrou is, sal meer gevra word.”

Die woorde van die Hebreërs-skrywer in hoofstuk 12: 27-28 beteken presies dieselfde. Ons het baie ontvang.

Ons het ’n onwankelbare koninkryk ontvang omdat Jesus Christus Homself as Hoëpriester aan die kruis geoffer het, sodat ons nou burgers van God se koninkryk kan wees.

Ná sy opstanding uit die dood is Hy nou ons ewige Middelaar aan die regterhand van die hemelse Vader.

Ons het direkte toegang tot die Allerheiligste God. Oor al hierdie sake het die eerste hoofstukke van die Hebreërsboek gehandel.

Hierdie groot genade wat ons ontvang het, roep ons tot groot verantwoordelikheid.

Ons moet die Here nou dankbaar dien, met eerbied en ontsag.

Hoe dieper en groter ons besef van genade is, hoe groter en dieper sal ons reaksie op sy goedheid wees.

Ons lewens sal al hoe meer verander. Ons sal ons onder meer beywer vir vrede met alle mense, asook ’n heilige lewe (vers 14).

Ons sal sorg dra om nie van die geloof afvallig te word nie (vers 15-17). O

Ons sal versigtig wees om die Here nie af te wys nie (vers 25-27).

Hebreërs 12:14-29 is nie net geskryf vir mense wat amper 2000 jaar gelede geleef het nie. Dis ook vir jou geskryf. Hoe groot is jou besef van God se genade aan jou? Hoe kom daardie besef in jou lewe en lewenswyse na vore? – Dr. Jannie Erasmus, Odendaalsrus (uit die GKSA-kalender 2019)

Uit die Woord: Laat ons wat ’n onwankelbare koninkryk ontvang het, dan nou dankbaar wees. Laat ons God dankbaar dien met eerbied en ontsag, soos Hy dit wil, want ons God is ’n verterende vuur. – Hebreërs 12:28-29

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.