Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sielsgoed
Hiérvoor is altyd tyd

“Ek het nie tyd gehad nie.” Elkeen van ons het al hierdie woorde kwytgeraak wanneer ons die een of ander taak nie betyds afgehandel het nie. Dalk was dit nie belangrik genoeg nie. Of dalk was dit minder interessant as ander dinge wat intussen opgeduik het.

In kerklike omgewings is soortgelyke opmerkings nie onbekend nie. “Ek was net te moeg om Sondag kerk toe te kom.” “My kinders het te veel naskoolse aktiwiteite om nog by kerklike aksies ook in te skakel.”

Wel, die oplossing is nie om meer tyd te hê nie, want nêrens is ekstra tyd beskikbaar nie. Ons almal kry net 24 uur elke dag. Ook is die oplossing nie om mense te laat skuldig voel dat hulle te min tyd het vir die Here se dinge nie.

Die roete is om die evangelie van Christus só mag­neties te leef, te preek en te beliggaam dat dit hoogs aansteeklik raak. Dan skep dit vanself ’n nuuskierigheid, ’n hongerte en ’n dringendheid by ander. Dan is daar skielik tyd!

Meer oor:  Sielsgoed
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.