Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sielsgoed
Hoop het ’n naam: Jesus Christus

In die verlede was hoop nog hoogmode. Toe niemand dit eintlik nodig gehad het nie, was hoop baie gewild.

Só wen die regte minderheidsposisie veld, die Here s’n.

Noudat almal hoop benodig, is dit amper nêrens meer te vind nie. Hoop is op pad uit. Om elke hoek en draai is dit op uitverkoping. Wie weet, dalk het regstellende aksie hoop ingehaal. Dit is net nie meer politiek korrek om hoop te hê as almal om jou moed verloor het nie. “Waar is God nou?” wil sommige hoop­hensoppers boonop weet.

Hoop is ’n onrealistiese keuse in die oë van almal wat opgegee het daarop. Dit is presies hoekom Paulus in Romeine 5 skryf dat hoop elke keer stroomop gebeur. Dit gebeur te midde van wanhoop en ongeloof. Hoop is altyd ’n minderheidsposisie. Daar waar dit wen, breek dit elke keer die knelgreep van uitsigloosheid.

Hoop maak gedurig hemelse vensters oop. O ja, hoop het ’n naam: Christus. Sy teenwoordigheid is die rede vir hoop se aanwesigheid in jou lewe. Boonop groei hoop so lank as wat jy jou oog op Hom hou. Dit groei ook wanneer jy kies om ’n voltydse hoopverspreider te wees.

Deel sy hoop in die vorm van ’n beker koue water met ’n dorstige, soos wat Jesus in Matteus 10 vra. Bederf ’n paar mense wat dit nie kan bekostig nie met ’n minifeesmaal, soos wat Hy in Lukas 14 vra. Dan ervaar hulle ook hemelse hoop en vreugde.

Só wen die regte minderheidsposisie veld, die Here s’n.

Meer oor:  Geloof  |  Jesus Christus  |  Goeie Nuus  |  Hoop
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.