Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sielsgoed
Hoop is nie dood nie

“Ek het hoop gehad... tot Donderdagaand, toe hulle my pa vir dood agtergelaat het om ’n paar rand by hom te steel.” So klink die werklikhede van ons land.

Maar dan hoor jy in dieselfde asem die aangrypendste verhale van omgee, ontferming en naasteliefde hier tussen ons wat jy amper nêrens elders ter wêreld sal hoor nie. Hoop verloor een oomblik, net om die volgende oomblik elders te wen. Die pendulum swaai van dag tot dag, en van lewe tot lewe.

Die hooploosste boek in die hele Bybel, naamlik Klaagliedere, vertel in hoofstuk 3 dat hoop nie dood is nie, selfs al probeer almal dit begrawe.

Midde-in ’n afgebrande Jerusalem, armoede, dood en ellende, merk een skrywer ook vir God daar op. Hy het met sy goedheid opgedaag te midde van wanhoop.

God is oral, ook daar waar mense hoop probeer begrawe. Dit was nog altyd so; vandag ook. Sy goedheid en sy trou geld altyd sy kinders. Niks of niemand oorroep sy hoop nie. 

Meer oor:  Sielsgoed
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.