Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sielsgoed
Hou eerder jou applous vir Nic de Jager se goed
Suzette McKerron

Een van die beter beleggings wat ek in my lewe gemaak het, is om vir my ’n Samsung Blu Ray Media Player te koop.

Op my groot televisieskerm voel dit asof ek persoonlik met intellektuele soos die sielkundeprofessor en kultuurstryder Jordan Peterson of die evolusionêre bioloog Richard Dawkins of die onoortreflike polemikus Christopher Hitchens in gesprek is.

As ek moeg is om opera te kyk, is die hele wêreld van klassieke musiek net ’n knoppie ver.

Ek kan na sewe weergawes van Dvorák se tjellokonsert in B mineur Opus 104 kyk en luister en Pablo Casals en Jacqueline du Pré se spel vergelyk met Mischa Maisky en Steven Isserlis – en op die ou end besluit dat ­Mstislav Rostropovich steeds die koning van die tjello is.

En dan stem ek saam met Hilaire Belloc wat gesê het: “I love music for what it makes me remember and what it makes me forget.” In Frans, natuurlik.

I love music for what it makes me remember and what it makes me forget.

Die meeste musiek is vir my aanvaarbaar. Liniêr soos wit mense se hare of gekrul soos swart mense s’n. Wat ek nie kan verdra nie, is moderne Afrikaanse musiek. Dis iets wat ek dadelik wil vergeet.

Nadat die land en ons Afrikaners in 1994 van die Nasionale Party en die NG Kerk bevry is, het groot getalle hoërskoolseuns ’n oorbel gekry en ’n rock band in hul ouers se motorhuis begin. Die pa’s en ma’s wat dit oorleef het, het die lawaai verduur, want ons was mos nou voëlvry.

Die gevolg is dat elke tweede man met ’n baard en ’n kitaar, en natuurlik oorgegrimeerde vroue, deesdae Afrikaanse musiek bedryf.

Op Afrikaanse radiostasies soos RSG word jy dikwels vergas – omtrent letterlik – met sinlose lirieke begelei deur ’n tweeslag-gedoef.

Iets in die lyn van:

Gee my jou h-a-n-d . . . tjoeke-tjoeke-tjoek

Nou’t ons ’n b-a-n-d . . . tjoeke-tjoeke-tjoek

Afgewissel met:

Kom ons maak law-a-a-i . . . tjoeke-tjoeke-tjoek

As jy my om jou pinkie dr-a-a-i . . . tjoeke-tjoeke-tjoek.

Die gevolg is dat elke tweede man met ’n baard en ’n kitaar, en natuurlik oorgegrimeerde vroue, deesdae Afrikaanse musiek bedryf.

Oor en oor en aan en aan tot dodelike verveling soos ’n getokkel op een snaar. En dan roep die omroeper tussenin ook nog geesdriftig uit: “Treffer op treffer!”

Alle Afrikaanse musiek is darem nie sieldodend nie. Ons het darem nog vir Amanda Stry­dom en Laurika Rauch en Koos du Plessis en Gert Vlok Nel se “Beautiful in Beaufort-Wes” en Kerkorrel se “Al lê die berge nog so blou”.

En Sondae op RSG kry ons darem nog Nic se goed. Wat ’n plesier is dit nie om ’n volle uur deur die wellewende Nic de Jager se uitgebreide kennis van musiek – asook sy verfrissende aanbieding – te luister.

As meer aanhangers van moderne Afrikaanse musiek hierna luister, kan sulke goeie musiek hul smaak ’n paar kerwe opstoot en is die manne met die kitare verlos van ’n gesukkel en ’n getokkel en kan omroepers hul uitroep van “Treffer op treffer!” hou vir Nic se goed.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.