Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sielsgoed
Hou mekaar naby

“ ’n Mens moet nooit sê: Fonteintjie, ek sal nooit weer uit jou drink nie.’ ” So lui ’n bekende spreuk. Anders gesê: Moenie brûe tussen jou en ander verbrand nie. Dit is nie wys nie.

Iemand vertel onlangs dat jarelange vriende, wat pas geëmigreer het, hulle nie toe kom groet het nie. Hulle slaan blykbaar ’n nuwe blaadjie om in die groen weivelde daar oorkant. Daarom het hulle nie meer “ou” vriende nodig nie. Fout!

Nie een van ons is gebruiksartikels nie. Die Here se opdrag is dat ons mekaar moet bystaan en ondersteun. Ons het nie iewers ’n lisensie gekry om mekaar te gebruik en dan eenkant toe te skuif nie. Van ons kant af doen ons dit nie met ander nie. Op ons eie unieke maniere help ons mekaar. Ons dra graag ’n las vir iemand anders. Ons bid gereeld vir ander. Ons rol klippe uit die pad voor mekaar. Ons gee én ons gee om.

So leef ons die Here se opdrag tot naasteliefde uit. 

Meer oor:  Sielsgoed
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.