Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sielsgoed
Hou vas aan waarheid van God se Woord

Volgens die wêreld is die Bybel ’n ou boek wat die gedagtes van primitiewe mense weergee. Deesdae gaan sommige mense self so ver om die Bybel as ’n bose boek af te maak. Die gelowige weet egter dat die Bybel ’n betroubare boek is omdat God self in die Bybel aan die woord is. Hy het mense soos Paulus wat hier in ons teks aan die woord is, binne hulle eie agtergrond, geaardheid en vermoëns gebruik om sy Goddelike Woord vir ons te bring. Die Skrif het daarom tegelykertyd ’n Goddelike en menslike karakter. Hierin sien ons die wonder van God dat Hy mense gebruik het om sy Woord vir ons te laat opteken.

Omdat die Bybel God se Woord is, is dit belangrik dat jy tyd moet maak vir persoonlike Bybelstudie sodat jy eerstehands kan hoor wat God vir jou sê. Die Bybel leer jou wie God werklik is en hoe sy karakter lyk. Verder leer die Bybel jou hoe om prakties as ’n dissipel (navolger) van Jesus Christus te leef.

Die groot waarheid wat die Skrif jou leer, is die kennis van Jesus Christus wat tot verlossing lei deur jou geloof in Hom. Staan vas in die waarheid van die Bybel en moenie deur leerstellings wat in stryd met die Skrif is, mislei word nie. Gebruik die Woord om vas te stel wat verkeerd is in jou lewe, en ook om te leer wat die regte lewenswyse is wat God wil hê.

Preek en leef wat die Bybel jou leer.

– Ds. George van der Walt (Empangeni); Uit: Dagstukkies van die Gereformeerde Kerke van Suid-Afrika – In U lig.
V Uit die Woord: Toe het God gesê: Maar jy, bly by wat jy geleer het en wat jy vas glo. Jy weet tog wie jou leermeesters was en jy ken van kleins af die heilige Skrif. Dit kan jou die kennis bybring wat tot verlossing lei deur die geloof in Christus Jesus.

Die hele Skrif is deur God geïnspireer en het groot waarde om in die waarheid te onderrig, dwaling te bestry, verkeerdhede reg te stel en ’n regte lewenswyse te kweek.
– 2 Timoteus 3:14-16

Meer oor:  Woord  |  Bybel  |  God
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.