Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sielsgoed
Hy stap die pad met ons

“Ons moet ’n pad stap saam met mense,” is ’n gewilde uitdrukking. Dit veronderstel ons moet ’n stukkie saam met hulle leef. Of soos wat die ou spreekwoord sê, ’n myl in hul skoene stap. Die jammerte is dat dit meestal net hipotetiese taal is. “Ons moet nog . . .!” “Ons behoort . . .!”

Maar hoeveel van ons ooit daardie spreekwoordelike pad saam met mense gestap kry, is iets anders.

Ek ken egter Iemand wat dit wel kom doen het – Jesus. Hy het regtig in ons skoene kom loop . . . en sommer baie verder as net een myl. Hy het ons soort klere aangetrek. Slawedrag was Jesus se “amptelike” drag.

Hy het ’n mens vir mense geword. Uiteindelik het Hy daar op ’n heuwel net buitekant Jerusalem plekke geruil met ons. Al die pad en enduit het Jesus ons roete geloop. Hy weet wat dit beteken om mens te wees. Hy weet wat dit is om te struikel en te val; om seer te kry; om afgeskryf te word. Hy loop enduit saam. 

Meer oor:  Geloof  |  Sielsgoed
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.