Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sielsgoed
Hy stap ons tegemoet

Vandag is regtig nie al wat oor is nie. Dis nie fluit-fluit en ons storie is vir altyd uit wanneer vandag verby is nie.

Môre wag nog op ons. Môre is anders. Môre wink ons nader. Die Here stap ons van daar af tegemoet. Vanuit sy nuwe môre kom Hy na ons toe met genade en nuwe lewe. Jesus, wat die sleutels van die dood en die doderyk in sy hande vashou, kom na ons toe vanuit ’n plek van hoop.

Hy nooi ons wat vandag leef saam na sy soort lewe en na sy nuwe toekoms toe. As ons ons hand in syne plaas en gelowig begin saamstap, is vandag skielik nie meer uitsigloos en donker nie. Of wanhoop-bestrooid nie.

Jesus staan vierkant in die pad van ’n slegte afloop van vandag. Hy weier dat chaos en hooploosheid enige sê het in sy nabyheid. Hy verander die begin, die verloop en die slot van elke lewensverhaal. 

Meer oor:  Geloof  |  God  |  Sielsgoed
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.