Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sielsgoed
Hy vat skaamte weg

Wanneer jy in die publiek verneder word, is skaamte of “shame”, soos wat dit in Engels genoem word, dikwels jou voorland. Sulke gevoelens tref jou soms as jy die teiken is van ander se spot, veroordeling of venynige kritiek.

Hiervan gepraat, ek onthou hoe een ouderling doer in my kinderdae ’n gesin, wie se dogter die sewende gebod oortree het, in die openbaar getakel het. Daardie arme familie moes omtrent bontstaan onder al die skerp kyke en agteraf praatjies in die gemeente. Dit het my bang gemaak vir God.

Ek het gedink Hy gaan my ook nog eendag voor almal beskaam oor my sondes. Genadiglik het ek later die Here se hart beter leer ken. Ek het agtergekom Hy loop regtig ’n genadepad met ons, nie ’n pad van beskaming of vernedering nie.

Maak nie saak hoeveel keer ons Hom in die steek laat nie – sy ontferming troef ons grootste droogmakery. Christus vee elke slag die skaamte van ons gesig af. Aan sy liefde is regtig geen einde nie. 

Meer oor:  Sielsgoed
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.