Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sielsgoed
In die Poskantoor-ry

“Die diens is goor,” kla die vrou voor my in die ry by die Poskantoor. Sy kyk na my in die hoop dat ek haar woorde sal beaam. Maar ek sê niks. Toe sit sy haar hoop op die mense agter my. Uiteindelik kry hulle ’n gesprek aan die gang oor hoe dinge in die land agteruitgaan.

Net toe dit lyk of die beswaarde vrou ’n klein paleisrevolusie in die Poskantoor op die been gebring het, is dit haar beurt by die toonbank. Sy praat kwaai.

Toe dit my beurt is, sien ek die vrou agter die toonbank is moedeloos. “Hard day at the office,” sê ek. Sy glimlag verleë. Toe verduidelik sy hulle het te min personeel en sy kan niks hieraan doen nie. Sy probeer haar bes. “Jy doen goed,” sê ek vir haar. “May God bless you,” sê sy. Toe weet ek wie het die Here se hartklop gehad daardie dag in die Poskantoor.

Naskrif: En toe sê al die beswaardes wat dit lees: “Ja, maar…!” 

Meer oor:  Sielsgoed
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.