Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sielsgoed
In ’n hoek? Dink só . . .

Ek lees van ’n ma wat vir haar stout kind sê om in die hoek te gaan staan. Eers weier hy. Later gee hy in en sê: “Goed, ek sal in die hoek gaan staan. Maar net my lyf sal daar staan, nie my hart nie.”

Soms stamp die lewe ons almal in goor hoeke in. Ons is nie aldag in beheer hiervan nie. Maar ons kop hoef nie elke keer saam met ons lyf soontoe te skuif nie. Die Here het immers nie net ons hart nie, maar ook ons kop nuut gemaak. Daarom kan ons anders dink, voel en reageer, ook wanneer ons in ’n hoek beland. Ons kop moet ons dan gefokus hou op die Here en nie op ons omstandighede nie. Ons moet leer om sy lig raak te kyk wanneer ons in donker hoeke ingedwing word. Dan sien ons die Here se lig raak wat die donkerte wegdryf terwyl Hy saam met ons daar staan. 

Meer oor:  Geloof  |  Sielsgoed
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.