Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sielsgoed
In Sy noodhulpspan

’n Paar jaar gelede is ’n vrou in ’n besige straat in New York omgery deur ’n bus wat in die verkeerde baan gery het. Die busbestuurder het aangery asof niks gebeur het nie. Kringtelevisie het later bevestig dat die vrou toe vir 25 minute daar gelê het. Party mense het by haar gestop en foto’s geneem. Maar dit is al. Later het een van haar bure gehoor wat gebeur het en haar gaan help. Dit was te laat. Sy het gesterf.

Hoekom help mense partykeer, en ander kere nie? Twee navorsers, Darley en Batson, meen dit het te make met ons leefspoed. “Ethics becomes a luxury as the speed of our daily lives increases.” Of dalk word mense se harte net so hard dat hulle mekaar miskyk en misleef. Keer dat dit jou oorkom. Meld daagliks aan by Christus as een van sy eietydse Samaritane. Laat Hy jou hart sag genoeg hou om mense raak te sien wat hulp nodig het. Wees voltyds aan diens as deel van Sy hemelse noodhulpspan. 

Meer oor:  My Stem  |  Sielsgoed
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.