Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sielsgoed
Jesus bring middelgrond in polarisasie

“Stuck in the Middle With You.” Dalk onthou jy nog hierdie trefferlied doer uit 1972. Om in die middel te wees, is nie aldag lekker nie. Dit maak jou gemiddeld, of selfs doodgemiddeld, soos wat sommige mense sou sê.

Tog kort ons weer ’n stuk goeie middelgrond hier in ons dag. Ons wêreld is te gepolariseerd. Die politiek, sport, onderwys en die kerk is gedurig in kampe. Die middelgrond is weg. Vir of teen is deesdae die enigste twee opsies, ook op godsdienstige gebied. Praat jy oor enigiets van die rol van die Bybel tot seksualiteit, is daar altyd twee kerklike kampe. As jy jouself nie skaar by een van hierdie groepe nie, word jy as godsdienstig liberaal beskou of jy word as ’n fundamentalis uitgekryt.

Jesus het ’n nuwe middelgrond gebring – die Koninkryk van God.

Daar is steeds goeie middelgrond by Jesus. Ek merk op dat Hy baie gemaklik kon rondbeweeg tussen vriende en vyande tegelyk. Sondaars het tuis gevoel by Hom, maar Hy het ook godsdienstige opponente na aan Hom toegelaat.

Jesus het ’n nuwe middelgrond gebring – die Koninkryk van God. Dit is steeds bedoel vir almal wat kans sien om saam met Hom te loop. Ek leer by Jesus my identiteit is in my navolging van Hom gesetel, nie in allerhande godsdienstige kampe nie. Ek leer by Jesus om alle mense te respekteer, al verskil ek van hulle. En ek ervaar ek is nooit “stuck” of gevange in die middel wanneer dit gaan oor Jesus se middelgrond nie

Meer oor:  Stephan Joubert  |  Middelgrond  |  Jesus  |  Polarisasie  |  Goeie Nuus
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.