Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sielsgoed
Jesus gee lyf aan vrede

Jesus is die hemelse naam vir vrede. Sy vrede kry op ’n verrassende manier lyf daar in Betlehem. Die Kind van die hemel se aankoms tussen ons met ’n voerbak vir diere as sy eerste slaapplek; sy stil kinderjare in daardie agtertangse dele van Galilea, maar ook sy keuse op ’n onbenullige dorpie genaamd Kapernaum as hoofkwartier vir sy aardse sending – dit alles vertel nuwe vredestories. God se koninkryk raak van daar af grond.

Van daar af dwing Jesus se vrede wanhoop uit die pad as Hy brood gee vir die skares wat soos skape sonder ’n herder ronddwaal. Sy vrede triomfeer van daar af wanneer boosheid uit sy pad skarrel, en wanneer gewone mense die hemel oop sien bokant hul koppe. Die hemelse boodskap van vrede eggo oor die aarde vanaf die Kripkind van Betlehem tot by die Gekruisigde in Jerusalem aan ’n vloekhout. Die doodskaduwee van kruis, maar ook die hoop van die leë graf, wys glashelder hoe God se vreemde vrede lyk. – 

Meer oor:  Jesus  |  Lyf  |  Vrede
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.