Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sielsgoed
Jesus het ’n vraag vir jou

Pablo Picasso het een keer opgemerk rekenaars is nutteloos, want hulle kan net antwoorde gee. Vir hom was enige antwoord ’n finale punt. “Problem solved!” Dit het ’n einde gemaak aan alle verdere vrae en soektogte.

Jesus het gereeld vrae gevra om mense se geloof uit te daag en nuwe vensters op God oop te maak. Die evangelies verwys na minstens 136 vrae, soos: “Hoekom is julle bang? Het julle nie geloof nie?” (Markus 4:40). “Wat help dit ’n mens wen die hele wêreld, maar verloor sy siel?” (Matteus 16:26). “Kan julle die beker drink wat Ek moet drink?” (Markus 10:38).

Maar miskien is Jesus se uitdagendste vraag daardie een aan Petrus: “Het jy my regtig lief?” (Johannes 21:7). Wat sal jy hierop antwoord as jyself vir ’n oomblik in Petrus se skoene moet staan? 

Meer oor:  Godsdiens  |  Geloof  |  Sielsgoed
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.