Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sielsgoed
Jesus se deernis is vir kinders, weerloses

“You’ll swim with the fishes,” sê die Mafia-ouens in die flieks graag wanneer hulle mense afdreig. Boonop belowe hulle ook sementskoene vir sulke swemmers! Dan weet daardie mense hulle moet ligloop, anders is dit neusie verby met hulle.

Terloops, in watter rigting groei jy tans?

Wel, Jesus voel dieselfde oor diegene wat kindertjies laat struikel. Hy waarsku in Matteus 18 dat dit vir diesulkes beter sou wees dat ’n sementblok om hul nek gesit en hulle in die see gegooi word. Om kinders seer te maak of te misbruik, is om Jesus se woede op die hals te haal. Hy sal dit nie duld nie. Hy sal dit nie onopgemerk laat verbygaan nie.

In Matteus 18 leer Jesus dat kindertjies die grootste in die koninkryk van God is. Hy sê as ons nie verander en soos kinders word nie, sal ons nooit daar ingaan nie. Die Here se koninkryk is vir weerloses en geringes bedoel, nie vir magtiges en selfversekerdes nie.

O ja, Jesus het nooit gesê ons moet soos kinders glo nie; Hy sê ons moet soos kinders word. Groei in sy koninkryk gebeur altyd agteruit. Jy word kleiner groter. En jonger ouer. En swakker sterker. Sulke groei gebeur wanneer jy afhanklik raak van God.

Geen wonder nie dat Jesus ook in Matteus 18 nuwe aanspreekvorms gebruik vir almal wat in afhanklikheid van God leef. Sy mense is nou kindertjies, kleintjies en skape. Nee, nie leeus, magtige manne of amasones nie.

Terloops, in watter rigting groei jy tans?

Meer oor:  Weerloses  |  Kinders  |  Deernis  |  Jesus
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.