Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sielsgoed
Jesus vra ’n 2de myl

’n Deernisvolle kerkleier vertel my van ’n geleentheid wat hy iewers bygewoon het. Terwyl hy verversings geniet, stap ’n plaaslike kerkraadslid na hom toe en sê padlangs vir hom hy is die duiwel. Toe draai hy om en stap weg. Verstommend hoe liefdeloos party “godsdienstiges” kan wees teenoor diegene van wie hulle verskil. Naasteliefde soos wat Jesus dit uitspel, beteken dat ons alle mense respekvol hanteer. Anders is ons geloof ’n klug.

In Matteus 5:43-48 vra Jesus ’n tweede-myl-lewe van ons almal. Dit is ons normale leefroete. As volgelinge van Jesus loop ons nie net tweede myle wanneer dit ons pas nie; ons leef elke dag op Sy tweede-myl roete. Die vraag is nie of ons eers met mekaar moet saamstem, of van mekaar moet hou voordat ons mekaar met liefde behandel nie. Liefde is ons kompas. Is hierdie roete maklik? Nee, gewis nie! Is hierdie roete onderhandelbaar? Glad nie! Ons doen dit, ons leef dit!

Dit is Jesus se pad. 

Meer oor:  Geloof  |  God  |  Sielsgoed
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.