Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sielsgoed
Jonk én oud diensbaar

Einstein het gesê as jy teen 30 nog nie jou groot bydrae tot die wetenskap gelewer het nie, sal jy nooit. Baie mense bereik hul hoogtepunt voor dié ouderdom. Vra sportsterre en akteurs maar. Tog maak baie mense eers later in hul lewe groot impak. David Galenson se navorsing oor Nobelpryswenners toon kreatiewe navorsers lewer hul beste werk teen 42, maar gesoute navorsers eers teen 61.

Ouderdom is nie ’n outomatiese rem nie. Dit hang af hoe kreatief en leergierig ons leef. Baie Bybelse leiers het eers op hoë ouderdom aangemeld vir diens. Kyk na Abraham. Op 75 het hy die Here se nuwe roete aangedurf. Moses is eers op 80 as leier vir Israel geroep. Jeremia was weer baie jonk toe hy as profeet moes aanmeld. Jy is jonk of oud genoeg om diensbaar vir God te wees. 

Meer oor:  Sielsgoed
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.