Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sielsgoed
Jy bou nie jou lewe in ’n fabriek nie

Jou eie lewe en jou familie s’n is nie produkte wat iewers in ’n fabriek op ’n vervoerband aanmekaargesit word nie. Jy ontwerp dit nie haarfyn op ’n tekenbord en daarna bou jy dit stelselmatig van hierdie plan af nie.

Jy bou jou lewe op die Rots waarvan Jesus in Matteus 7 praat. Dan gaan jy stormbestand die nuwe jaar in.

Jou lewe speel af in die regte lewe. Jy maak jou planne, maar dan gebeur onverwagse en onvoorsiene dinge op jou lewenspad. En dan is God ook daar met wie jy moet rekening hou. Jakobus 5 waarsku met reg teen ’n leefstyl wat met oordadige selfversekerdheid tot wie weet waar in die toekoms uitgewerk word. Jakobus sê ons moet eerder sê: As God wil en ons leef, dan sal ons dit of dat met ons lewe doen. “Deo volente” – as God wil!

So klink wysheid – ook vir 2020. So ’n nederige manier van leef trek maklik God se oog. So ’n leefwyse maak voorsiening vir die regte aanpassings aan jou eie planne. Nog meer, dit oorroep soms jou beste planne. Dit maak dat God se plan joune word.

Jy vra nie net die Here se goedkeuring vir jou eie besluite wanneer jy dringende hemelse raad benodig nie. Jy is nie die finale argitek van al jou lewensplanne nie. Jy speel ook nie gedurig eienaar-bouer van jou lewe nie. Jy vertrou die Here se Gees daarmee. Jy vertrou Hom as bouer en ook binnehuisversierder. Jy bou jou lewe op die Rots waarvan Jesus in Matteus 7 praat. Dan gaan jy stormbestand die nuwe jaar in.

Meer oor:  Stephan Joubert  |  Lewe  |  Goeie Nuus  |  Bou
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.