Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sielsgoed
Kan die mensdom anders oor mure en grense dink?

Dit is byna 30 jaar sedert die val van die Berlynse muur in November 1989 – ’n historiese gebeurtenis wat ’n wêreldwye impak gehad het.

In die komende dae word in Berlyn en elders in Europa die afbreek van die muur, wat Wes-Berlyn van Oos-Duitsland afgeskei het en ’n stad in twee verdeel het, op talryke maniere herdenk.

In ons besinning oor grense is dit belangrik om die historiese bewussyn te behou oor wat gebeur as die sentiment van mure bou en uitsluiting die begeerte na eenheid en ontmoeting verdring.

Terselfdertyd lyk dit of, gegewe huidige politieke en ekonomiese verwikkelinge, die sterker wordende retoriek by baie mense resoneer dat ons eintlik nuwe mure en sterker grense benodig.

Dit is so dat ons ons ’n wêreld sonder enige grense en mure moeilik kan voorstel. Die vraag is daarom nie of daar grense moet wees nie, maar eerder hoe ons oor grense moet dink.

Ons kan mure en grensdrade sien as noodsaaklik om ons veilig te hou of om die spreekwoordelike goeie buurskap te handhaaf.

Maar in die proses gebeur dit ook maklik dat ons fisieke en simboliese grense beskou as ’n manier om ons eie identiteit “suiwer” te hou.

Of om ekonomiese ongelykheid te verskans. Of om ander op grond van kriteria soos ras, klas, geslag of seksuele oriëntasie uit te sluit.

Hiervolgens bou ons dan maklik ons lewens, gemeenskappe en instellings op die gedagte dat afskeiding meer volhoubaar is as verbintenis, andersoortigheid meer fundamenteel as eenheid, verdeling meer realisties as versoening.

Hierteenoor kan ons dink aan Efesiërs 2:14 waar ons lees: “Christus is ons vrede, Hy wat dié twee, Jode en nie-Jode, een gemaak het. Deur sy liggaam te gee het hy die vyandskap afgebreek wat vroeër soos ’n muur skeiding gemaak het.”

Of aan die woorde uit die Belhar-belydenis waarvolgens enige leer verwerp word wat “óf die natuurlike verskeidenheid óf die sondige verskeidenheid so verabsoluteer dat hierdie verabsolutering die sigbare of werksame eenheid van die Kerk belemmer of verbreek”.

In ons besinning oor grense is dit belangrik om die historiese bewussyn te behou oor wat gebeur as die sentiment van mure bou en uitsluiting die begeerte na eenheid en ontmoeting verdring.

Die Tsjeggiese fotograaf Josef Koudelka se kantaantekening by sy werk “Wall” (met ’n fokus op die muur wat Israel van die Wesoewer skei) kan ook as gepaste herinnering in dié verband dien:

“Eendag, toe ons al langs die muur stap, het ek graffiti gesien wat lui: ‘Een muur, twee tronke.’ Dit som die gevoel op wat ek gehad het. Jy weet, ek het grootgeword in Tsjeggo-Slowakye, agter die muur. Ek wou altyd na die ander kant gaan.” – 

Meer oor:  Grensdrade  |  Geestelike Waardes  |  Simboliese Grense  |  Mure  |  Fisieke Grense
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.