SPESIALE VAKANSIE-AANBOD: Teken in teen net R49 vir jou eerste maand! Word 'n intekenaar
Sielsgoed
Kan dit waar wees dat Hy ons sonde vergeet?

Kan dit waar wees dat God so volkome die sondes van die mens vergewe het dat Hy nooit meer daaraan sal dink nie? Dit is waar! So sê die Here.

Ons leef in ’n wêreld waar mense sê: “Ek sal vergewe, maar nie vergeet nie.” Ons is mos geneig om te onthou en ou koeie uit die sloot te grawe. Familietwiste, huweliksonmin en kwaaivriendskappe staan gewoonlik in verband met iets wat gebeur het en wat dan onthou word en wat elke keer weer ter sprake kom.

Die Bybel openbaar aan ons in Hebreërs dat God vergewe asof dit nooit gebeur het nie. Hy het so vergewe asof Hy nie daarvan weet nie. Hy sal nie weer daaraan dink nie. Hoe is dit moontlik dat die God wat alles weet en ken – selfs my gedagtes ken nog voordat dit woorde geword het (Psalm 139) – nie sal dink aan die sondes wat ek gedoen het en wat ek nog gaan doen nie?

Dit is slegs moontlik omdat Jesus Christus met een offer versoening gedoen het. Met die offer van sy liggaam aan die kruis het Hy ons volkome van sondes vrygemaak. Hy het as ’t ware al ons sondes en al ons skuld toegemaak met sy bloed. Soos ’n tafeldoek ’n tafel toemaak, so is ons bedek (versoen) met die bloed van Jesus Christus. God sien ons nie soos die sonde ons misvorm het nie, maar Hy sien ons soos ons gewas is in die bloed van die Lam van God.

Die vraag word gevra: Kan dit waar wees? Die antwoord is: Ja, dit is waar. As hierdie waarheid van die evangelie van Jesus Christus werklik by ons tuisgekom het deur die Heilige Gees, dan kan ons nie anders nie as om met ons hele lewe die Here te dien. Dan wil ek my nie weer met sonde besoedel nie, maar wil ek my eintlik beklee met klere van dankbaarheid; ek wil doen wat die Here behaag. – Dr. Dick Steyn (emeritus), Uit: Almanak 2019.V Uit die Woord: Dan sê Hy verder: “Aan hulle sondes en hulle oortredings sal Ek nooit meer dink nie.”– Hebreërs 10:17

Meer oor:  Herder  |  Stille Uur
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.