Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sielsgoed
Kennis begin met die dien van die Here

Spreuke gee vir ons ’n skatkis van onskatbare waarde. Die wyshede word deur Salomo, seun van Dawid, koning van Israel opgeteken. Hiermee verkry elke vers gesag.

Salomo se wysheid is bekend. Sy verhouding met God maak hom geskik om lewenswaarhede te deel.

Naas die praktiese raad vir elke situasie waarvan ons in Spreuke leer, word verhoudinge beklemtoon.

Daar was destyds baie ander wysheidsliteratuur beskikbaar. Spreuke beklemtoon dat ons optrede nooit los van God kan plaasvind nie.

Ons kry wyse raad vir ons huwelik, werksituasie, opvoeding, humeur, skinder, eerlikheid en ander.

Dit is verbasend hoe reguit en eerlik die Skrif oor elke aspek van ons lewe praat.

Elke boek, tydskrif, TV-program, berader en wie of wat ook al, is gereed om vir ons oplossings te gee: Tien dinge om te doen as jy depressief is.

Vyf maniere om op te hou rook of drink.

Drie stappe om die vlam in jou huwelik terug te kry.) Sewe beginsels vir geestelike groei.

In wese is elke mens soekend. Daar is ’n honger na wysheid. Spreuke sal jou leer om te kan onderskei wat reg en verkeerd is.

Spreuke sal jou help om die raaisels en dubbelsinnighede van die lewe op te los.

Hierdie is die kern van vers 7. Om die Here te dien, beteken dat ek: God ernstig opneem; ’n lewende verhouding met God beleef; en my instruksies van die Here af kry. – Ds. Petrus van Blerk (Rietvallei), Uit die GKSA-kalender 2020V

  • Uit die Woord: Kennis begin met die dien van die Here; dit is net dwase wat wysheid en opvoeding gering ag. – Spreuke 1:7
Meer oor:  Sielsgoed  |  Stille Uur
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.