Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sielsgoed
Kies jy voluit vir of verkies jy voluit teen?

Sommige mense gaan voluit vir dít waarteen hulle is. Ander gaan voluit vir dít waarvoor hulle leef.

Moenie dink dit is dieselfde nie.

Daar is ’n groot verskil tussen hierdie twee roetes.

Jy kom gou agter in watter groep se teenwoordigheid jy is wanneer jy luister hoe hulle praat.

Óf jy bestee jou tyd en energie om dinge, idees of mense te beveg teen wie jy gekant is óf jy bestee jou tyd en energie om dít te bevorder waarvoor jy staan en leef.

Daar is nie genoeg tyd om albei tegelyk te doen nie – nie as jy dit behoorlik wil doen nie.

Iewers moet jy ’n keuse maak.

Ook op geloofsgebied is daar “teen”- of “vir”-mense.

Daar is diegene wat alles en almal beveg wat in hul oë verkeerd leef en dink. En dan is daar diegene wat so besig is om dít wat die Here in sy Woord leer uit te leef dat hulle geen tyd of energie oor het om teen enigiets te wees nie.

Jy kom gou agter in watter groep se teenwoordigheid jy is wanneer jy luister hoe hulle praat. Die een groep weet alles van sonde en van droog­makers. Die ander groep weet weer van alles wat reg is op God se terrein.

By die een groep hoor jy hoe donker die wêreld is. By die ander groep hoor jy hoe helder God se lig steeds skyn.

Die een groep weet van die groot verval in die kerk. En die ander groep weet van al die mooi nuwe dinge wat die Here doen.

Ek kies graag laasgenoemde groep. En jy?

Meer oor:  Stephan Joubert  |  Goeie Nuus
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.