Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sielsgoed
Klein is groot in sy oë

Moenie nederigheid verwar met ’n askies-dat-ek-leef-houding nie. Nederige mense is nie vaal wesens sonder enige opinie van hul eie nie. Nederige mense is sterk individue wat dag ná dag kies teen die selfsug en verwaandheid in hulself sodat hulle diensbaar aan die Here en ander kan wees.

Nederigheid is nie ’n doel op sigself nie; dit is om kleiner te groei in die teenwoordigheid van God.

Nederige mense buig dieper voor die Here. Ook groei hulle al hoe meer in respek vir mense.

Nederiges sien nooit neer op ander nie. Inteendeel, hulle ag ander mense hoër as hulself, soos wat Paulus in Filippense 2 vir gelowiges leer.

Hulle spog nooit oor hulself as hulle tussen ander is nie. Nooit fokus hulle die aandag op hulself nie.

Die laaste sê is ook nie elke slag hulle s’n nie.

Nederiges dra Jesus se kruis. Hulle weet laaste is eerste by Hom, en klein is groot in sy oë.

Daarom groei hulle groter kleiner! Hulle word minder meer! 

Meer oor:  Geloof  |  God  |  Sielsgoed
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.