Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sielsgoed
#kouekoffiema: Die heilige vampier

Ná ’n gesprek oor vampiere en skerp tande en bloed oor ’n bakkie ontbytpap, wonder Carla Lang waar haar seuntjie sy kennis oor dié bloeddorstige wesens gekry het.

Carla Lang

“Het Mamma geweet ’n mens kry vampiere?”

“Huh?” ek gooi bietjie van die pap mis en dit land langs die bakkie op die toonbank.

“Vampiere! Met skerp tande!”

“Ja, maar jy weet dis net in stories, nè?”

“Issie! Mens kry hulle regtig! En hulle suig jou bloed!” Dit klink of Boeta die gedagte van bloedsuig geniet, en ek gril liggies.

“Waar het jy dit gesien?”

“Ek kan nie onthou nie. Maar dit is so. Ek soek ’n vampierpartytjie.”

“Maar jy’t klaar op ’n tema besluit, ons kan nie nou alles verander nie,” sê ek en gooi Pops se bakkie ook vol pap. Ek gooi meer vir haar, want al is sy drie jaar jonger as Boeta, eet sy meer as hy.

“Maar ek word VYF! Ek kan self besluit oor my partytjie!” Ontsteld.

Eers wou hy ’n krap-partytjie hou, toe ’n geraamte-partytjie, toe ’n Ben 10-een, toe Sonic – en nou ’n vampier-ene . . . Ek sukkel om by te hou.

“Kom ons praat môre weer hieroor, toe? Dink eers ’n bietjie vandag nog en dan besluit ons môre.”

Boeta lyk nie heeltemal tevrede nie, maar stem darem in en begin sy pap eet wat ek vir hom aangee, terwyl hy verder vertel van vampiere en skerp tande en bloed.

Ek “mmm” en “regtig?” en “dis interessant!” op die regte tye. Nie seker waar hy al sy kennis van vampiere kry nie.

Ek’s nog vaak. My klein vampier het gisteraand weer groeipyne in sy bene gehad, so ek moes van 02:00 tot 03:00 troos en masseer en Manlief van 03:00 tot ek’s nie seker hoe laat nie, want toe was ek al weer besig met Pops wat “dummy!” huil, maar elke keer as ek dit in haar mond sit, spoeg sy dit uit en sê: “Jig!” . . .

Pops kom ingestorm met ’n harde: “Koffie!”

“Soek jy ook ’n slukkie koffie? Ons gaan dan nou pap eet?”

“Koffie! Afkoel! Warm!”

“Ja, dis warm, moet eers afkoel. Wil jy solank eet?”

Ek was bevrees dat hy gaan speel hy suig ons bloed, maar gelukkig kom ek toe agter dat dié vampier net steel en skrikmaak. Dan bel ek en Pops die “poe-iesie” om die vampier te kom vang en in die tronk te gooi. Maar natuurlik is die vampier te vinnig, slim en sterk vir die polisie, so hulle kry hom nooit gevang nie – wat Pops vreeslik frustreer en dan op die ou end in ’n stryery ontaard.

Sy knik haar kop woes op en af, en ek gaan maak haar gemaklik met haar pap – wat sy dadelik met haar hande begin eet. BabaHond staan onder haar stoeltjie, gereed om elke krieseltjie wat val op te vreet.

Dan begin sy kla omdat sy wil “storie kyk”. Die probleem is, sy kan nooit besluit wat sy wil kyk nie. Ek sit iets op, dan drie sekondes later wil sy iets anders kyk, dan weer drie sekondes later: “Nie dit kykie!”, en so gaan dit net aan en aan.

Ek meen, ek kan nie heeloggend staan en TV-kanale verander nie, ek het goed om te doen.

Later die dag wil Boeta vampier-vampier speel. Hy is blykbaar die vampier en ek en Pops . . . Ek’s eintlik nie seker wat ons is nie. Sy slagoffers?

Ek was bevrees dat hy gaan speel hy suig ons bloed, maar gelukkig kom ek toe agter dat dié vampier net steel en skrikmaak. Dan bel ek en Pops die “poe-iesie” om die vampier te kom vang en in die tronk te gooi. Maar natuurlik is die vampier te vinnig, slim en sterk vir die polisie, so hulle kry hom nooit gevang nie – wat Pops vreeslik frustreer en dan op die ou end in ’n stryery ontaard.

Later die dag sê Boeta hy wil “ernstig met Mamma gesels”.

Ek skrik vir ’n oomblik en maak dadelik tyd. Ek maak vir ons albei soet tee – myne met suiker, syne met heuning. Bekommerd oor waaroor hy wil praat.

“Goed, Seun, waaroor wil jy gesels?”

“Mamma weet ek verjaar amper?”

“Ja, Boeta, ek weet mos.”

“OK, maar weet Mamma ek word vyf?”

“Vyf? Regtig?! Ek’t gedog jy word nou eers drie.”

Boeta lag uit sy maag uit.

Mamma, ek het gebid en toe sê Jesus vir my iets.

“Nee, ek onthou, ons het mos vanoggend daaroor gesels. Jy word nou baie groot.”

“Ek weet, kyk hoe lank is my bene,” en hy strek sy bene voor hom uit.

“OK, so waaroor wil jy nou eintlik gesels? Wat pla jou? Het iets gebeur?”

“Mamma, ek het gebid en toe sê Jesus vir my iets.”

“Regtig? Dis wonderlik! Wat het Hy gesê?” Ek is natuurlik supertrots.

“Hy het iets belangriks gesê.”

Ek wag in spanning – hier kom dalk ’n diep boodskap vir ons gesin.

“Jesus het gesê dat ek my eie selfoon vir my verjaardag mag kry.”

’n Paar oomblikke kyk ek net vir hom – en die volgende oomblik toe spoeg ek per ongeluk my tee oor sy broek uit soos wat ek begin te lag en stik tegelyk. Boeta gil en spring op – en ek probeer asem kry tussendeur die lag en stik.

Dié klein heilige vampier van my!

* Lang is ’n ma, vrou, prokureur, redakteur en blogger. Volg haar #kouekoffiemarubrieke op Facebook, Instagram of op YouTube.

Meer oor:  Carla Lang  |  Ouerskap  |  Partytjies  |  Selfone  |  Vampiere
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.