Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sielsgoed
#Kouekoffiema: Noue ontkomings

Met twee bedrywige telge slaak ’n mens elke keer ’n sug van verligting as daar ’n noue ontkoming is. Maar dit is nie elkeen se “koppie koffie” nie, skryf Carla Lang.

Carla Lang Foto: Me & May Photography

Op ’n oggend verlede jaar staan Boeta met die verkeerde voet uit die bed op – omdat dit nie sy verjaardag is nie . . .

Ek maak vinnig plan: Gaan haal vier kersies en blaas vier ballonne op. Vir koek besluit ek op die orige brownie van gister.

Ek loop met entoesiasme sy kamer in en sing “Happy Birthday”, maar hy stop my en wil weet hoekom ek Engels sing as ons dan Afrikaans is?

Ek sing “Veels geluk, liewe maatjie”. Intussen hoor ek Pops “wha! wha!” uit haar kamer.

Dit vat oorreding dat die brownie goed genoeg is. Verjaardagkoek is in elk geval vervelig, sê ek hom, almal het dit altyd.

Twintig minute later is ons klaar gesing, kersies geblaas en brownie geëet. Boeta lyk tevrede.

Noue ontkoming.

Hy waai vir my totsiens by die skool met: “Moenie vergeet om vir my ’n geskenk vir my verjaardag te koop nie!”

Sy hou dadelik op met huil en probeer fluit soos ’n voëltjie.

By die huis beweeg Pops maar saam met my soos ek doenig is. Elke nou en dan loer ek net waar sy is, of roep haar en dan antwoord sy met haar gebruiklike “wha!”.

Later besef ek sy is nie meer in die kamer of gang rond nie.

Roep.

Roep weer.

Ek hoor die “wha”, maar sien haar nêrens nie.

Soek in haar kamer, Boeta se kamer, kombuis, sitkamer. Roep aanmekaar en hoor dan ’n dowwe “wha!”.

Volg haar stem.

Ek kry haar in die badkamerkassie.

Self ingeklim, maar kan nie uit nie – op pad om op haar kop uit te val.

Toe ek haar uittel, skree sy soos net sy kan, dat my ore sommer toeslaan. Hoe kon ek dit waag om haar te help?

Ek stap vinnig uit tuin toe met haar.

Sy hou dadelik op met huil en probeer fluit soos ’n voëltjie.

Dankie tog. Nog ’n noue ontkoming.

Ons is nog nie eens in die kar nie, toe wil hy al weet waar sy geskenk is.

Die klokkie lui. Aangesien Regterhand binnekort loop, ontmoet ek vandag ’n ander dame wat aansoek gedoen het vir die werk.

Die oomblik toe sy ons huis binnestap, trek sy haar asem hard in: “Djy! Maar dit lyk giftig hier!”

Ek kyk om my terwyl ek katpille uit Pops se mond met my vinger krap. En dis asof die chaos vir die eerste keer by my registreer.

Sy’s reg. Dit lyk nogal “giftig”, veral omdat Regterhand ’n paar dae af het.

PotensiëleRegterhand spring aan die werk vir haar eerste proefdag – sonder om een oomblik op te hou met praat.

Ek en Pops gaan tel later vir Boeta op. Ons is nog nie eens in die kar nie, toe wil hy al weet waar sy geskenk is.

Gelukkig onthou ek van die onoopgemaakte speelgoed in my kas. Ek koop soms as ek iets ouliks sien en hou dit dan vir maatjies se verjaardaggeskenke.

By die huis is Boeta baie in sy noppies met die resieskarretjie wat ek hom gee.

Noue ontkoming.

Later betaal ek haar vir die dag (gee sommer ekstra ook) en sê nogmaals dankie.

Die namiddag skimp PotensiëleRegterhand om oor te slaap – aangesien dit in elk geval ’n inslaapwerk is.

Later, toe ek vir ons almal butter chicken inskep, stap sy yskas toe om vir haar ’n “stukkie slaaitjie” ook by te maak. Kan dit blykblaar nie so “droeg” eet nie.

Ná ’n ruk kom skep sy nog ’n bord vol butter chicken.

En vat vier snye brood met dik botter en heuning op.

Toe vat sy ’n paar aarbeie en bloubessies.

En sit die ketel aan.

Maak filterkoffie – gooi vier lepels suiker in. Voel blykbaar of sy wil omkap van die dag se harde werk . . .

Later betaal ek haar vir die dag (gee sommer ekstra ook) en sê nogmaals dankie. Vra of sy môre bietjie sal uithelp met Pops. Sy stem gretig in.

Die volgende oggend is sy nog nie wakker toe ek Boeta skool toe moet neem nie. Ek wil haar nie wakker maak nie, so Pops sal maar weer moet saam.

Terug by die huis, is sy egter nóg nie op nie. Ek besluit om haar maar saggies wakker te gaan klop.

Ek klop.

Niks.

En klop.

Steeds niks.

Ek maak die deur stadig oop en roep, wil nou nie haar privaatheid skend nie.

Maar die kamer is leeg . . .

Die res van die dag werk ek, maak huis skoon, soek op watter padda die hoogste kan spring en presies hoekom slange nie pote het nie, verduidelik hoekom ons nie so rof soos 3 Ninjas Knuckle Up mag "fight" in die huis nie, maak kos . . .

Die aand gee ek ’n sug van verligting toe ek uiteindelik in die bed kruip.

En dink: Ons was seker té giftig vir haar . . .

Lang is ’n ma, vrou, prokureur en redakteur. Volg haar op Facebook, Instagram of YouTubeDie menings van skrywers is hul eie en weerspieël nie noodwendig dié van Netwerk24 nie.


Meer oor:  Carla Lang  |  Ouerskap
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.