Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sielsgoed
Kruis ’n teken van liefde
godsdiens, geloof, kruis, god, sielsgoed

Die skrywer van Spreuke 30:18-19 sê daar is drie, nee vier dinge wat hy nie mooi verstaan nie. Hy wonder onder meer hoe ’n arend in die lug bly en hoe ’n slang op ’n rots seil. Ek wonder ook oor ’n paar snaakse dinge, soos hoekom mense moet stilbly wanneer ’n tennisspeler afslaan, maar hulle raas wanneer sokkerspelers die bal skop.

Feit is dat die lewe vol onverstaanbare dinge is. Ons kan nooit alles verstaan nie. Ons kan die Here ook nie deurgrond nie. Ons moenie eens probeer nie, want dan het ons eintlik vir onsself ’n afgod geskep. ’n God wat ons hier aan ons kant van die draad volledig kan verstaan, is ’n god wat onsself kan beheer en manipuleer. Die lewende God is groter en meer as alles wat ons van Hom weet. Nogtans is Hy nie anders as hoe Hy Homself in sy Woord bekendmaak nie. Hy is altyd die God van liefde. Die kruis onderstreep dit op ’n tydlose manier.

Meer oor:  Stephan Joubert  |  Goeie Nuus  |  Godsdiens
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.