Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sielsgoed
Kruis se kraakvars storie

Jerusalem was veronderstel om die aardse hoofkwartier van Israel se godsdiens te wees toe Jesus daar aankom. Daar moes God se goedheid duidelik sigbaar wees.

Toe nie! Vandat Jesus op die Sondag net voor Paasfees daar aangeland het, het Hy Hom vasgeloop in dodelike vyandigheid van die leiers. Die talle konflikte het tot ’n doodsvonnis gelei. Dit was nie misdaadsindikate wat Jesus wou stilkry nie, maar die godsdienstige elite.

Maar tog, op die mees ironiese manier denkbaar verander sy kruis in die plek van hoop en vryheid vir miljarde mense deur die eeue heen. Terwyl Jesus daar hang, word die bordjies verhang. Daar ruil Hy plekke met ons. Daar wen lewe. Die kruis vertel ’n kraakvars nuwe storie van lewe wat steeds triomfeer vir elkeen wat daar kom skuiling soek. 

Meer oor:  Godsdiens  |  Geloof
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.