Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sielsgoed
Kyk Sy goedheid raak

Hoekom is almal van ons so lief om probleme raak te sien? Hoekom is die meeste mense, of hulle nou hier in Suid-Afrika bly, of doer in die groen weivelde van die Eerste Wêreld, ewe foutvinderig?

Dan Gilbert bied ’n interessante antwoord hierop. In ’n kort studie wat in Junie in die VSA gepubliseer is, bevind dié Harvard-professor dat wanneer sekere probleme verdwyn, dan vergroot mense net daar hul bestaande probleme. Dan word klein klippies skielik groot rotse. Hoe beter enige situasie word, hoe meer kritiseer mense dit. Daarom sien ons vordering selde raak. Of dit nou in die kerk is, of by die werk – ons is foutvinders. Daarom benodig ons die Here se beter kyk, daardie kyk wat maak dat ons Sy goedheid heel eerste raaksien. Dan sal ons minder krities of veroordelend wees.

Nou toe, kom ons doen dit. Kom ons kyk elke mooi ding raak wat vandag rondom ons gebeur. Kom ons dank God ook in dieselfde asem hiervoor. 

Meer oor:  Geloof  |  Sielsgoed  |  Oorlog
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.