Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sielsgoed
Laat die Gees jou lei

Moenie dink feite oortuig mense nie. Jy kan historiese en argeologiese feite uitpak om die korrektheid van Bybelse gebeure te onderstreep, maar dit beteken nie almal begin skielik glo nie.

In ’n studie is bevind die sukseskoers met pogings om mense met feite te oortuig om hul gedrag te verander, is sowat 3%. Wanneer mense met empatie begelei word om in hulself redes te vind om hul gedrag te verander, dan doen 37% dit. Dit geld ook Bybelse waarhede en inhoud.

Ons het darem ekstra hulp in dié verband – die Gees van die Here. Sy werk is om mense te oortuig van die waarheid. Jou en my werk is om die evangelie met integriteit uit te leef en oor te vertel. Die Gees se werk is om mense se lewe om te draai en te vernuwe. Ons moet nooit die volgorde probeer verander nie. Ons fasiliteer bloot die ontmoetings tussen Hom en mense. 

Meer oor:  Stephan Joubert  |  Sielsgoed
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.