Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sielsgoed
Laat jou lewe geld

“Wie weet, miskien is jy bestem vir ’n tyd soos hierdie!” Dit is Mordegai se woorde aan Ester. Sy is die hooffiguur in dié boeiende Bybelboek, wat afspeel in die tyd van koning Ahasveros in die Persiese Ryk.

Deur haar skoonheid wen sy die koning se hart. Wanneer Mordegai hoor van ’n komplot teen die Jode vra hy Ester om dit onder Ahasveros se aandag te bring. Ester stel haar eie lewe in gevaar om vir haar mense by die koning op te staan. Haar dapperheid red uiteindelik derduisende lewens.

Vandag nog verander die wêreld Godwaarts as mense waagmoedig vir ander in die bres tree. Is jy deur die Heer bestem vir ’n tyd soos dié? Laat jou lewe dan op die regte maniere geld. Wees ’n stem vir stemloses; wees hande en voete vir hulpeloses. – Stephan Joubert

Meer oor:  Geloof  |  Sielsgoed
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.