Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sielsgoed
Leef só dat niemand vinger na jou kan wys

In Titus beklemtoon Paulus dat God die God van waarheid is (Tit. 1:2). God is duidelik anders as die mense van Kreta wat wêreldberug vir hul leuens en bedrog was (Tit. 1: 12,13). Tog het God die evangelie van Jesus Christus ook dáárheen gestuur.

Die name God ons Verlosser en Jesus ons Verlosser kom deurlopend in Titus voor. Dié name beklemtoon dat God sondaars losmaak uit die mag van die bose en die sonde, en hulle deel maak van sý koninkryk. Die bekeerde Kretensers was steeds burgers van Kreta, maar nou was hulle eerstens hemelburgers – mense wat eenvoudig anders as vantevore begin lewe het.

Eers was hul lewens vol valsheid en bedrog, nou het hul lewens getuig van integriteit en waarheid. Op Kreta was dit nog belangriker as in enige ander samelewing wat nie so berug vir verkeerde dinge was nie.

Die Kreta-Christene moes so lewe dat niemand ’n vinger na hulle toe kon wys nie (sien Tit. 2:5,8). Eerlike, hardwerkende mense wat ’n positiewe bydrae in hulle gemeenskappe maak, dwing uiteindelik respek af. Dit is mense na wie ander luister. Só sou baie Kretensers vir die Here gewen kon word.

Behalwe dat sy koninkryk vir ons die ewige lewe beteken, hou dit ook in dat ons Hom nou al hier op aarde sal dien.

In Suid-Afrika het ons tans rede om te kla oor die bedrog en soustrein-ryery. Ook hier verwag die Here dat ons as verlostes besonder eerlik en opreg sal lewe en ons daaglikse werk getrou sal doen. Hoe sal die heidene die ware God en die enigste Verlosser anders leer ken ? Hoe sal heidene anders respek vir sy Woord en evangelie kry?

  • Prof. DF Muller, Teologiese Skool, Potchefstroom (uit GKSA Almanak 2019).

Uit die Woord: Maar toe het die goedheid van God ons Verlosser en sy liefde vir die mens verskyn. Hy het ons verlos, nie op grond van iets wat ons vir ons vryspraak gedoen het nie, maar op grond van sy eie ontferming. – Tit. 3: 4-5

Meer oor:  Waarheid  |  Stille Uur
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.