Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sielsgoed
Lewend gemaak om ons Skepper te eer

Dit is net God wat ’n geestelik dooie mens weer geestelik lewend kan maak. Nie alle mense word geestelik weer lewend gemaak nie. Om geestelik wedergebore te word is ’n gawe, ’n geskenk wat God gee aan diegene wat Hy uitverkies het.

Vir ’n geestelik dooie mens om weer geestelik lewend te word, verg niks minder nie as die krag waarmee die hemel en aarde, en ook alle lewe, geskep is.

Wanneer dit ons fokus is, kom ons God se doel met ons lewe na.

God het in en deur sy Seun alles wat bestaan tot stand laat kom en lewe gegee (Johannes 1:3,4).

In Jesus het God ons herskep. Hy het ons saam met Jesus Christus uit die dood opgewek en saam met Hom ’n plek in die hemel gegee.

Waarom het God ons van die liggaamlike en ook geestelike verganklikheid bevry en aan ons lewe gegee?

Tog nie om net vir onsself te leef en vyande van Hom te wees nie.

Dan sou ons weer op die pad van die ewige dood wees.

God het ons in Jesus geskep om ons lewens te wy aan die goeie dade waarvoor Hy ons bestem het.

Ons Skepper se doel met ons is om goeie dade te doen gedurende ons hele lewe.

Soos ’n lemoenboom nie anders kan as om goeie dade te doen nie.

God red ons en gee ons nuwe lewe om goeie dade te bly doen ten spyte van ons omstandighede.

God wil dat ons ook te midde van onsekerheid, siekte, hartseer, bekommernis en swaarkry goeie dade sal bly doen.

Wanneer dit ons fokus is, kom ons God se doel met ons lewe na.

  • Ds. Edmund de Beer, Laeveld (uit die GKSA-kalender 2019)
  • Uit die Woord: Nee, God het ons gemaak wat ons nou is: in Christus Jesus het Hy ons geskep om ons lewe te wy aan die goeie dade waarvoor Hy ons bestem het. – Efesiërs 2:10
Meer oor:  Geestelik Wedergebor  |  Lewend  |  Stille Uur  |  Skepper  |  Geestelik Dooie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.