Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sielsgoed
Liefde op Stella ingewikkeld, soos dit orals is
Charles Smith

Xander Bylsma.

Die naam was vandeesweek op baie mense se lippe. Soos baie van ons die eerste keer gehoor het van die dorp Stella.

Afrikaanse naam. Afrikaanse plek. Afrikaanse skool en kerk. Ons mense, soos die oumense sou sê. Stella is so klein soos my dorp. So Afrikaans. Met sy skool en koshuis en die wonderlike en aaklige dinge wat op my dorp gebeur het.

Stella is op ’n manier my plek.

Môre word die pragtige vriendinne Sharnelle Hough (17) en Marna Engelbrecht (16) saam begrawe. Hulle is Saterdag tussen 02:00 en 03:00 in die koshuis vermoor.

Op een foto word Xander Bylsma deur die polisie weggelei nadat hy weens hul moord in hegtenis geneem is. Volgens die polisie het hy ’n bekentenis afgelê. Xander het met Sharnelle uitgegaan. Tot onlangs. Ek kliek op Xander se Facebook-blad. Sy profielfoto is van ’n jaggeweer met knaldemper agter twee dooie rooijakkalse. Sy laaste foto is van hom met die geweer voor die jakkalse.

“Oums se liefseun,” skryf Mimi Tapuch in die eerste kommentaar op die foto. Daar is ’n foto van hom en ’n vriend met ’n reuse-baber in die hand. Vriende wat gesellig kuier. En ’n foto wat uitspring: van hom en ’n glimlaggende Sharnelle. Sy neem ’n selfie met hom teen haar bors aangeleun.

Daar is baie foto’s van hulle twee. En van hom in kamoefleerdrag. En met gewere. Min mense weet soveel van vuurwapens en ladings vir patrone soos Xander Bylsma, dit is duidelik.

Iemand vra hom oor die knaldemper.

Sou Xander die video ’n paar keer in die nag gekyk het in die jagveld nadat hul verhouding verbreek is?

“Ovs van oom Pierre Debeer baie baie nice silincer stil soos die nag vat amper al die recoil weg en gee my tussen 150-210ft/sek meer hang van my lading af . . .” skryf Xander.

Marna is ’n uitsonderlike mooi meisie. Haar profielfoto is van heldergeel gras wuiwend voor ’n windpomp wat halflyf afgesny is. Dis ’n mooi foto. Het sy dit geneem? wonder ek. Iemand het op 15 Mei ’n video vir haar, Sharnelle en ander vriende gestuur oor doelwitte vir verhoudings.

“Ons is bedoel om mense lief te hê en dinge te gebruik. Maar vandag gebruik ons mense en het dinge lief . . . Ons spandeer meer tyd om ons selfone vas te hou as wat ons mekaar vashou.”

Ek stop die video. Ek voel skuldig. Die ou praat dalk met my. Sharnelle het dit met ’n rooi hartjie gemerk. Sou Xander dit ’n paar keer in die nag gekyk het in die jagveld nadat hul verhouding verbreek is?

Sharnelle het dieselfde dag om 15:54 haar profielfoto verander. Sy is pragtig, met haar blonde hare wat oor haar skouers val.

“My pragtige kind. Mamma so lief vir jou,” skryf ma Sonja met drie rooi hartjies by. Xander Bylsma het ook op die foto gekliek dat hy dit “like”. Met sy profielfoto met die geweer en die dooie jakkalse. Hy het op 1 Maart 2017 sy verhouding met Sharnelle bekend gemaak.

Ek onthou weer sy jongste verhoudingstatus op sy eie profiel: “Ingewikkeld”

* Charles Smith is Netwerk24 se nuushoof in die Vrystaat. 

Meer oor:  Xander Bylsma  |  Stella  |  Liefde  |  Misdaad
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.