SWART-VRYDAG-AANBOD! Betaal slegs R9,99 vir die eerste twee maande as jy nou ’n intekenaar word. Spring gou!
Sielsgoed
Ligloop vir windwoorde

“God haat sonde, maar hy het sondaars lief.” Dit is ’n gewilde kerklike cliché. Party mense doen dit andersom. Hulle haat sondaars en het sonde lief! Nog ander is so besig om oor sonde te praat, te preek en te vergader dat hulle nooit by daardie einste sondaars uitkom vir wie God so liefhet nie. Feit is, sonde en God is nie vriende nie. Sonde is om rugkant eerste na Hom toe te leef. Maar Hy het doeltreffende medisyne hiervoor, die kruis. Daar vernietig Jesus die gevolge en skade van die stukkende verhouding tussen ons en Hom. Daar maak God elkeen nuut wat glo. Daar sterf uitgediende clichés ’n vinnige dood.

Clichés is windwoorde sonder fut. Dis net praatjies. God is egter nie in die cliché-bedryf nie. Hy praat nie net nie, Hy doen. Hy het sy vyande lief en wys dit aan die kruis! Ons moet by God leer. Dan hoef ons nie met clichés wat nooit grond raak te leef nie.

Meer oor:  Godsdiens  |  Geloof  |  Sielsgoed  |  Windwoorde
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.