Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sielsgoed
Luister na God, dan sal Hy luister . . .

Nie Gideon of sy nageslag nie, maar die Here beheer Israel (Rigters 8:23). Abimelek was arrogant, selfsugtig, selfgerig en opstandig teenoor God.

Hy is nie, soos die rigters, deur God verkies nie. Hy het homself as koning laat aanstel nadat hy die inwoners van Sigem daartoe gemanipuleer het. Met geld uit die Baältempel het hy sy 69 broers op een klip doodgemaak. Koelbloedig pleeg hy moord om enige aanspraakmakers uit die weg te ruim.

Jotam, die jongste broer, het egter ontsnap. Abimelek en die inwoners van Sigem word oor hul gruweldaad gewaarsku. In die fabel van drie bome en die nuttelose doringbos word God se oordeel oor hul gruweldaad uitgespreek. As die Israeliete verwag om deur die nuttelose Abimelek beskerm te word sal vuur uit die doringbos hulle vernietig.

Jotam roep hulle op om na hóm te luister, dan sal God na húl roepstem om hulp luister. As priesters moes hulle hulself opoffer deur God te ken en volgens sy verbondsbepalings te lewe. God se heerskappy oor hulle is egter deur ongehoorsaamheid verbreek toe hulle die verkeerde mens as leier verkies.

God rig ons deur Christus. Christus is die ware koning. Toe die duiwel Hom ’n valse koningskap aangebied het, het Hy geweier.

As ware koning het Hy Homself verloën en leer Hy ons om gehoorsaam na sy stem te luister (Johannes 10), onsself te verloën, ons kruis op te neem en Hom te volg.

Getuig teen en tree op teenoor alles wat verkeerd is. Dan sal die Here op die regte tyd luister en help.

– Ds. Willem van der Merwe (emeritus), Uit: Dagstukkies van die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika – In U lig.

V Uit die Woord: Dit is aan Jotam vertel en hy het op Gerisimberg gaan staan en vir hulle geskree: “Luister na my, leiers van Sigem, dan sal God na julle luister. – Rigters 9:7

Meer oor:  Geloof  |  God  |  Sielsgoed
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.