Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sielsgoed
Maak dít deel van nageslag se erflating

Gesonde godsdiens eer God en soek die welwees van mens en plant, dier en natuur; is rasioneel en redelik; is verdraagsaam; en verklaar nie hulle wat van my verskil tot duiwels nie.

Sulke godsdienstige oortuigings en praktyke wil ’n mens graag as erflating nalaat vir ons nageslagte. Vier Bybelse gedeeltes gee uitdrukking aan gesonde godsdiens.

Psalm 23 verseker ons dat ons in geborgenheid en sonder kommer, kwelling en angs deur die lewe kan gaan: Die dag sal aanbreek dat almal ervaar ek kom niks kort nie; ek leef in die vreedsaamheid van groen weivelde en waters waar daar rus is; my siel word verkwik (dit wil sê ek kry telkens nuwe lewenskrag om in geregtigheid te leef); in donker dieptes sal ek ervaar daar is ’n God wat by my is en my met God se stok teen gevaar beskerm, en my met God se staf weglei van die donker afgronde; ek sit aan by ’n feesmaal en leef nie met skaarsste nie, maar my beker loop oor; ek word as ’n eregas behandel; ek word agtervolg deur goedheid en guns; ek is in die huis van die Here vir altyd en verseker – in God se geselskap, en in die geselskap van God se mense en skepping;

Die Gebed van die Here spel God se agenda uit, dit waarvoor ek elke dag opstaan.

Die Gebed van die Here spel God se agenda uit, dit waarvoor ek elke dag opstaan: Om God se volmaakte Naam en Wese te eer; om koninkrykslewe van geregtigheid, vrede en vreugde vir almal te bevorder; om God se morele wil wat die etiese weg vir ons aandui, sowel as die wil van God se voorsienigheid wat dui op God se mooi planne vir ons almal, te gehoorsaam; om brood en lewensonderhoud vir almal te soek; om versoenende en geregtigheid-soekende vergifnis te bevorder; om verlossing van die bose in alle gestaltes te soek; en om versoekings, dit wat my aandag aflei van God se agenda, te weerstaan;

1 Korintiërs 13 leer ons die liefde is lankmoedig en vriendelik; is nie jaloers nie; praat nie groot nie; is nie verwaand nie; soek nie sy eie belang nie; word nie verbitterd nie; reken die kwaad nie toe nie; is nie bly oor die ongeregtigheid nie, maar is bly saam met die waarheid; die liefde bedek alles en konfronteer en verneder jou dus nie in die openbaar nie; glo alles en loop dus die risiko om te vertrou; verdra die medemens te midde van verskille en selfs geskille; en

Die Tien Gebooie is God se riglyne vir ’n lewe onderweg na vryheid en in vryheid: vertroue op God as enigste Een aan Wie jy jou hart ophang; afwysing van wanvoorstellings van God; verwerping van misbruik van God se Naam ter wille van verkeerde oogmerke; eer van God se dag, die Sabbatdag wat nee sê vir ’n lewe van angstige verknegting aan werk en besig wees; afwysing van ongehoorsaamheid aan gesag, en van geweld en doodslag, ontrou, diefstal, leuens, verkeerde begeertes.

  • Prof. Koopman is ’n teoloog en viserektor aan die Universiteit Stellenbosch.
Meer oor:  Nico Koopman  |  Godsdiens  |  Christenskap  |  Geloof  |  Erflating
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.