Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sielsgoed
Maak seker jy néém wat die Here jou gee

Nadat ’n groot deel van die Kanaänitiese hartland aan die stamme van Juda en Josef toegeken is, het Israel hul kamp van Gilgal na Silo verskuif. Dit is ook van daar dat die Here sy werk met die vestiging van sy uitverkore volk in Ka­naän afgerond en voltooi het. Hy doen sy belofte gestand as Hy die volk deur Josua ernstig aanspreek omdat hulle getalm het om die land “in besit te gaan neem wat die Here die God van hul voorvaders aan hulle gegee het”. Sewe stamme moes toe nog hul grondgebied in besit gaan neem. Let wel: God het die land reeds onderwerp. Hy het reeds gegee.

Nou was dit die volk se verantwoordelikheid om toe te eien wat God gegee het. So werk dit altyd: elke goeie gawe en elke volmaakte geskenk kom van die Here. Hy gee dit sonder dat ons dit verdien, net op grond van die verdienste van Jesus Christus. Maar dit beteken nie ons hoef nie ons hande uit te steek om met danksegging en aanbidding te neem wat die Here gee nie! Hier is dit die stamme van Israel wat met geloof en dankbaarheid moet vat wat die Here gee.)

Aan die voet van die kruis is dit ons wat ons geloofshande moet uitsteek om met lofprysing en aanbidding te neem wat God vir ons op Goeie Vrydag en Paassondag berei het.) Wanneer ons trou of ’n kindjie laat doop, belowe ons om met ’n werkende geloof God se seën vir ons en ons kinders op te eis. Soos Jakob by die Jabbokrivier gedoen het (Gen. 32:26).

Herinner mekaar meermale aan ons fabelagtige rykdom in Christus. Maak seker dat jy met dankbaarheid die skatte in ontvangs neem wat God in Christus, teen ’n vreeslike prys, vir jou berei het!

– Ds. Koos Cloete (Emeritus), Uit: Die GKSA-kalender 2019V Uit die Woord: Josua het vir die Israeliete gesê: “Hoe lank gaan julle nog talm voor julle die land in besit gaan neem wat die Here die God van julle voorvaders aan julle gegee het? – Josua 18:3

Meer oor:  Geloof  |  Sielsgoed
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.