Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sielsgoed
Mens op soek na ’n God wat ons sal dien

Ons soek ’n God wat vir ons werk. Wat sal antwoord op ons roepstem, sal offer as ons vra. ’n God wat drome waarmaak en vyande oorwin. George Bernard Shaw het gesê: “God created man in his own image. And man, being a gentleman, returned the favour.”

Afrikaner-kerkmense is nie uniek hierin nie.

Die Jode in die tyd van die Nuwe Testament het ’n Messias verwag wie se politiek reg was, iemand wat die Romeine sou oorwin en die Joodse godsdiens kon suiwer van die klassieke sondaars (waaronder die tollenaars, dronkaards en die Samaritaanse dwaalleraars). Jesus was ietwat van ’n teleurstelling. Om dit sag te stel.

Reeds aan die begin van sy bediening maak hy die fokus van sy koms duidelik deur uit Jesaja 61 te lees en dan voor almal teenwoordig aan te kondig dat hierdie woorde deur sy koms vervul word: “Die Gees van die Here is op My, omdat Hy My gesalf het om die evangelie aan armes te verkondig. Hy het My gestuur om vrylating vir gevangenes uit te roep en herstel van gesig vir blindes, om onderdruktes in vryheid uit te stuur . . .”

“Goeie genugtig,” moes die konserwatiewe godsdienstiges van daai tyd gedink het, “armes, gestremdes, gevangenes, onderdruktes . . . niks oor die oorwinning van Rome nie, niks oor die suiwering van die godsdiensbeweging en die voorspoed van Israel nie?”

Die Jode het ’n magtige Joodse redder gesoek, maar Jesus wou die wêreld red.

Al was Jesus ’n Jood, was sy boodskap in kontras met die Fariseërs, Sadduseërs en skrifgeleerdes s’n nie nasionalisties van aard nie. Hy wys nie op die booshede van die heidense regering van die dag nie, waarsku nie teen die invloed van die Romeinse godsdiensinstelling nie, maak nie asof die Jode God se witbroodjies is nie.

Sy fokus was op ’n ander plek. Hy motiveer sy volksgenote om eerder die balk in hul eie oog te soek en te fokus op barmhartigheid teenoor die swakstes in die samelewing. Die Jode het ’n magtige Joodse redder gesoek, maar Jesus wou die wêreld red – en hy wou dit van onder af doen.

Dwarsdeur die vier evangelies verbaas Jesus die godsdienstiges met sy empatie vir die geringstes, sy genade vir die klassieke sondaars en sy bereidheid en oproep om liefde te betoon ook aan nie-Jode, selfs vyande. Kan jy dink hoe vreemd dit was toe Jesus voor ’n klomp Jode opmerk dat Hy by ’n Romeinse soldaat groter geloof teëgekom het as in die hele Israel?

In die stories wat Hy vertel, is die Samaritane keer op keer die helde, selfs wanneer Hy die samevatting van die Jode se heilige wet verduide-lik.

In een van sy bekendste gelykenisse is dit die siek bedelaar, Lasarus, wat deel het aan sy nuwe koninkryk en nie ’n ryk, godsdienstige Jood nie. Op ’n ander keer vertel Hy dat God ’n tollenaar se gebed aangeneem het eerder as dié van ’n vroom Fariseër. Dis duidelik dat Jesus Jesaja 61 se woorde nie net in ’n geestelike sin bedoel het nie.

Die “ons mense eerste”-evangelie is in radikale kontras met die evangelie van Jesus, want selfsug is die teenoorgestelde van liefde.


Meer oor:  Jaco Strydom  |  Sielslgoed  |  Godsdiens  |  Geloof  |  God  |  Jesus
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.