Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sielsgoed
Met lyf en al God s’n

Ons is nie net siel en gees nie; ons elkeen het ’n liggaam ook. Geen deel van ons menswees gebeur los van ons eie beliggaamdheid nie. Liggaamlike ervarings, goed of sleg, vorm ons geheue en ons menswees van kleins af.

Daarom dat dit so skadelik en misdadig is wanneer party volwassenes hulself vergryp aan die liggame van klein kindertjies. Of wanneer mans vroue mishandel. Ons harte en ons liggame onthou sulke vernederings. Ons brein werk nooit in isolasie van die res van ons lyf nie. Ons onthou enigiets vanaf reuke, smaak, klanke en sig tot by bewegings en emosies.

Ook wat ons geloof betref is ons meer as net siele. God het ons geskep as mense. Ons elkeen is uniek van kop tot tone, asook na siel en gees. Ons is tot God se eer geskep. Hy het ons uniek en mooi gemaak. Niemand het daarom enige reg om God se menslike handewerke te skend, te beseer of te misbruik nie. In sy naam moet ons mekaar waardig behandel en beskerm. 

Meer oor:  Geloof  |  Lyf  |  Sielsgoed
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.