Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sielsgoed
Moeg? Hy is jou toevlug

Ouderdom het ’n manier om baie krapmerke op jou lewe agter te laat. Jy kom dit op verskillende maniere agter. Jou lyf kreun en kraak al hoe meer. Jy herstel nie so vinnig soos altyd ná ’n siekte nie. Jy onthou ’n stukkie stadiger. Tog is dit nie net ouderdom wat dit doen nie. Jesaja 40 vertel dat die jongmanne ook moeg en afgemat raak. Moegheid is ’n werklikheid. Uitbranding, oorwerktheid en stres is daaglikse feite.

Daarom moet ons hoor wat Jesaja verder sê: “Diegene wat op die Here wag, kry nuwe krag.”

In God se nabyheid is daar herstel. Nuwe lewe wag op elkeen wat by Hom skuil. God Self herlaai sy kinders se geloofsbatterye. Hy tel vermoeides op. Hy dra mismoediges se las. Jonk en oud beleef dit. Nog ouderdom, nog die harde uitdagings van die lewe, het die laaste sê. Lewensmoegheid wyk in sy nabyheid. Selfs al gee jou kragte in, is die Here se goedheid jou anker. Hy is naby as die lewe jou inhardloop. – Stephan Joubert

Meer oor:  Sielsgoed
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.