Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sielsgoed
Moenie Bybel wegskuif

Die Bybel word maklik eenkant toe geskuif wanneer dit bots met mense se tradisies en gebruike. Vat maar die gebruik van titels in die kerk. Jesus verbied dit in Matteus 23. Tog steur baie mense hulle niks daaraan nie. Kerklike titels is steeds aan die orde van die dag.

In Matteus 5 verbied Jesus ook die aflê van geloftes, maar sommige mense doen dit as hulle in die nood is. Boonop bind hulle ander se gewete met sulke geloftes. O ja, dan is daar ook nog die tafelgebede dat die Here ons opreg dankbaar moet maak vir die kos en die hande moet seën wat dit voorberei het.

Jesus leer glashelder in Markus 6 en Markus 8 dat etegebede lofgebede aan God is. Sulke gebede gaan oor lof en dank, nie oor ons wat dankbaar gemaak moet word oor die kos of die kosmakers wat geseën moet word nie.

Lyk my ons grootste uitdaging is om die Bybel ernstig op te neem wanneer dit bots met ons konvensies of kultuur. – Stephan Joubert

Meer oor:  Bybel  |  Geloof  |  Sielsgoed
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.