Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sielsgoed
Moenie God blameer

Die brande wat in Australië gewoed het, is God se straf omdat hulle so liberaal is. So sê iemand vir ’n leraarsvriend van my. Hy vertel my hy het dadelik geantwoord dat as God so sou optree, dan moes Suid-Afrika en die res van die wêreld lankal ’n ashoop gewees het.

Psalm 103 sê juis dat die Here ons nie een tot een vergeld vir ons oortredings nie. Verseker is Hy nie blind hiervoor nie. Die wêreld se oortredings laat Hom nie koud nie. Maar God se eerste roete is altyd van genade. Hy stel Homself graag in die Nuwe Testament bekend as die God van liefde, nie die God van oordeel nie.

Die kruis staan lewensgroot in die pad van sy straf. Om te straf is die allerlaaste opsie vir God. Daarom stel Hy dit graag uit met die oog daarop om dit permanent af te stel. Wees dus baie versigtig om slegte gebeure en rampe reglynig aan God toe te dig. 

Meer oor:  Sielsgoed
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.