Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sielsgoed
Moenie in silo’s lewe

Ek lees onlangs ’n Amerikaanse studie waar studente in verskillende studierigtings se algemene kennis getoets is. Die neurologiestudente het die swakste gedoen, gevolg deur regstudente. BCom-studente het die beste gevaar omdat hul studie hulle blootstel aan groter scenario’s en meer kante van die lewe.

Mense leef in silo’s. Party weet al hoe meer van hul eie vakgebiede of leefwêrelde, maar het nie veel kennis van of insig in groter prentjies nie. Ook op geloofsgebied is dit ’n gevaar, veral wanneer gelowiges hulself isoleer van alles wat hul geloof bedreig. Moenie dat dit met jou gebeur nie.

Bly oopkop. Jou geloof moet in die regte lewe sin maak. God is juis ook hier. Hy het nie Sondag agtergebly in die kerk nie. Daarom kan jy dit waag om buite jou eie boks te dink, ook op geloofsgebied. Lees wyd. Vra goeie vrae. Wees betrokke. Dink dieper. Weet jy is ’n aktiewe burger van God se koninkryk, een wat die wêreld vol gebeur. 

Meer oor:  Sielsgoed
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.