SPESIALE VAKANSIE-AANBOD: Teken in teen net R49 vir jou eerste maand! Word 'n intekenaar
Sielsgoed
Moenie kerk museumgereed preek nie

’n Joernalis skryf ’n paar jaar gelede in ’n koerant oor ’n gastehuis op die platteland met die vreemdste reëls.

Dit het dinge ingesluit soos: “Moenie geweerskote afvuur of die varke voer nie.”

Die snaaksste een was: “Moenie jou matras uit­sleep en onder die bome slaap nie.”

Dit het my laat dink aan ’n katkisasieboek in my kinderdae wat ons teen die drie groot D’s gewaarsku het: dans, drink en dobbel. Tóé reeds het ek gewonder wat het daardie skrywer gedink van ons laerskoollaaities? “Drie-D” ons dalk elke­ middag ná skool of wat?

Partykeer mis mense hul gehoor of hul gaste met ’n myl. Dit is dodelik, veral wanneer die evangelie ter sprake is.

Christus se leringe is tydloos, maar dit moet tydbepaald verkondig en uitgeleef word. Bybelse norme word nie verdun deur die tyd of omstandighede waarin ons leef nie. Ook word dit nie afgewater tot op die vlak waarop mense bereid is om hul lewe daarvolgens in te rig nie. Relevansie is nie kompromieë nie. Dit vra wel om eietydse uitdrukkings van die goeie nuus. Dit vra om geloof wat eg uitgeleef word . . . en vars.

Om in verlede eeu se taal oor vandag se uitdagings te praat of preek, is om die kerk museumgereed te maak. Die Here is ewig maar relevant. Hy daag steeds op by elke dag wat die naam vandag dra. Ons moet dieselfde doen. Ons leef vandag eietyds en stylvol tot eer van die Heer.

Meer oor:  Stephan Joubert  |  Goeie Nuus
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.